Noodsaaklikheid van geestelike groei



Persoonlike gebed is nie maar net 'n opsionele geestelike aktiwiteit vir die gelowige nie, maar 'n intieme, altyd groeiende verhouding wat elke gelowige met die Almagtige God het. Binne die bedding van 'n gelowige se (noodsaaklike) geestelike groei is die gereelde persoonlike gebed van die gelowige die hart van sy / haar geestelike lewe. Elke ware gelowige word opgeroep om erns daarmee te maak om voortdurend en deurlopend in alle geestelike dissiplines (en in gebed) te groei.

Evalueer en beplan vir geestelike groei


Hierdie kort kursus gaan heel eerste fokus op die noodsaak van geestelike groei in die lewe van elke individuele gelowige. Dit gee ook die geleentheid om jou eie geestelike groei prakties te evalueer en dan daadwerklik te beplan om aan enige tekorte wat ontdek is aandag te gee. Die praktyk (praktiese inrigting) van die gelowige se gebedslewe ontvang dan aandag. Die saak van voorbidding in die individuele gelowige se gebedslewe, asook die saak van voorbidding binne die huisgesin ontvang word ook behandel.

Hierdie kursus kan deur individue, maar ook deur kleingroepe / wyke en Bybelstudiegroepe deurgewerk en bespreek word.


Evalueer


Gebruik 'n hulpmiddel om die tekorte, gebreke en swakpunte in jou eie geestelike groei te identifiseer. Elke gelowige moet eerlik weet waar hy / sy staan en dan biddend onderneem om iets daaraan te doen. Riglyne word verskaf.

Investeer


Wanneer die saak van persoonlike gebed oordink word gaan dit oor baie meer as bloot net die teorie van wat die Bybel leer. Die plek waar selfs 'n baie goeie kennis van die teorie oor gebed die meeste van die tyd sneuwel is in die praktyk. Dit is die rede waarom die praktiese sake van tyd (wanneer om te bid?) en plek (waar om te bid?) en ondersteuning (wie help jou?) deurslaggewend is. Hier moet die gelowige weldeurdagte en offervaardig keuses maak en dan daarin volhard.

Lanseer


Goeie voornemens alleen is nooit goed genoeg nie. Alle gelowiges begeer 'n sterk en gesonde gebedslewe, maar dit ontbreek hulle dikwels aan die nodige voorbeeld en riglyne van hoe om te begin. Dit is 'n geestelike lewensritme wat binne die huisgesin moet begin en ook te volhard. Dit is die rede waarom ouers as geestelike volwassenes die voorbeeld aan hulle kinders moet stel. Persoonlike gebed en voorbidding is onlosmklik deel van die geestelike lewensritme en geestelike groei van elke gelowige.

Kontak ons vir toegang ot die kursus